Ou Testament

Nuwe Testament

1 Tessalonisense 1:5-10 Bybel vir Almal (ABA)

5. Ons weet dit, want julle het die goeie boodskap by ons gehoor, en nog meer, julle het ook die wonderwerke gesien wat die Heilige Gees gedoen het. En julle het vas geglo dat alles wat ons doen en sê, die waarheid is. Julle weet ook hoe ons saam met julle gelewe het. Ons het dit gedoen sodat julle kon sien hoe gelowiges moet lewe.

6. Julle het geleer om soos ons en die Here te lewe, want party mense het julle laat swaarkry toe julle die goeie boodskap begin glo het. Maar die Heilige Gees het aangehou om julle baie bly te maak.

7. So het julle vir al die gelowiges in die provinsies Masedonië en Agaje gewys hoe hulle moet lewe.

8. Julle het so gelewe, daarom het die boodskap van die Here verder gegaan na Masedonië, en ook na Agaje en al die plekke waar mense gehoor het dat julle in God glo. Ons het toe ook nie vir hulle baie vertel van die boodskap van die Here nie, dit was nie nodig nie.

9. Hierdie mense vertel vir almal dat julle gesê het ons is welkom by julle. Hulle vertel ook dat julle die afgode gelos het en begin doen het wat God wil hê. So het julle begin om die God wat lewe, die ware God, te dien.

10. Julle wag ook dat God se Seun moet terugkom uit die hemel, God het die Seun weer laat lewe. Die Seun is Jesus, Hy sal ons red wanneer God eendag die mense sal oordeel.

Lees volledige hoofstuk 1 Tessalonisense 1