Ou Testament

Nuwe Testament

1 Petrus 4:9-16 Bybel vir Almal (ABA)

9. Julle moet goed wees vir mekaar soos ’n mens goed is vir vreemdelinge, julle moenie daaroor kla nie.

10. God het genadegawes gegee vir elkeen van julle en Hy is baie goed vir julle op verskillende maniere. Julle is God se bestuurders, en daarom moet julle mekaar dien, julle moet die genadegawes gebruik wat Hy vir julle gegee het.

11. Wanneer iemand in die gemeente praat, dan moet dit wees soos wanneer God self met mense praat. Wanneer iemand die ander gelowiges dien, dan moet hy dien met die krag wat God vir hom gee. Jesus Christus laat hierdie mense dit doen sodat mense vir God kan prys. Ons prys God wat baie sterk is, ons prys Hom vir altyd en altyd. Amen.

12. Liewe vriende, julle moenie verbaas wees wanneer julle baie swaar kry nie. Hierdie dinge toets julle en wil julle laat ophou om God te dien. Julle weet dat dit iets is wat kan gebeur.

13. Julle kry swaar soos Christus swaargekry het, en julle moet bly wees. Dan sal julle nog baie meer bly kan wees op die dag wanneer almal sal sien dat Christus die Koning is.

14. Wanneer ander mense vir julle beledig omdat julle aan Christus behoort, dan is julle gelukkige mense, want dan sal die Gees van Christus wat die Koning is, die Gees van God, by julle bly.

15. Want niemand van julle moet swaarkry omdat hy ’n moordenaar is, of omdat hy ’n dief is, of omdat hy iemand is wat slegte dinge doen, of omdat hy nuuskierig is en praat oor ander mense nie.

16. Maar as iemand swaarkry omdat hy in Christus glo, dan moet hy nie skaam wees nie. Nee, hy moet God prys omdat hy aan Christus behoort.

Lees volledige hoofstuk 1 Petrus 4