hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Petrus 4 Bybel vir Almal (ABA)

Gelowiges sal swaarkry wanneer hulle doen wat God wil hê

1. Julle weet dat Christus baie swaar gekry het toe Hy ’n mens op die aarde was. Julle moet dit onthou sodat julle geloof sterk kan wees, want julle weet dat ’n mens wat swaargekry het, nie meer sonde wil doen nie.

2. Ja, julle geloof moet sterk wees, sodat julle nie verkeerde dinge sal doen terwyl julle nog lewe nie. Julle moenie die dinge doen wat mense baie graag wil doen nie, julle moet doen wat God wil hê mense moet doen.

3. Want voorheen het julle lank die dinge gedoen wat die heidene doen. Julle het alles gedoen wat julle wil, julle wou slegte dinge doen, julle het gedrink totdat julle dronk was, julle het wilde partytjies gehou en baie gedrink, en julle het afgode aanbid. Dit was baie slegte dinge wat julle gedoen het.

4. Daarom is die heidene verbaas dat julle nie meer saam met hulle wild en verkeerd wil lewe nie en hulle sê slegte dinge van julle.

5. Die heidene sal vir God moet antwoord oor wat hulle gedoen het, en God is gereed om die mense te oordeel wat nog lewe en ook die mense wat klaar gesterf het.

6. Want dit is hoekom die mense wat klaar gesterf het, ook die goeie boodskap gehoor het terwyl hulle gelewe het. Mense het hulle hier op aarde ge-oordeel en doodgemaak, maar die Heilige Gees laat hulle lewe soos God wil hê.

Gelowiges moet mekaar dien

7. Dit sal nie meer lank wees nie, dan sal al die dinge wat nou gebeur, ophou om te gebeur. Daarom moet julle verstandig wees en goed dink wat julle doen, sodat julle kan bid soos ’n mens moet bid.

8. Die belangrikste van alles is dat julle baie lief moet wees vir mekaar, want die liefde maak baie sondes toe.

9. Julle moet goed wees vir mekaar soos ’n mens goed is vir vreemdelinge, julle moenie daaroor kla nie.

10. God het genadegawes gegee vir elkeen van julle en Hy is baie goed vir julle op verskillende maniere. Julle is God se bestuurders, en daarom moet julle mekaar dien, julle moet die genadegawes gebruik wat Hy vir julle gegee het.

11. Wanneer iemand in die gemeente praat, dan moet dit wees soos wanneer God self met mense praat. Wanneer iemand die ander gelowiges dien, dan moet hy dien met die krag wat God vir hom gee. Jesus Christus laat hierdie mense dit doen sodat mense vir God kan prys. Ons prys God wat baie sterk is, ons prys Hom vir altyd en altyd. Amen.

Wanneer gelowiges swaarkry

12. Liewe vriende, julle moenie verbaas wees wanneer julle baie swaar kry nie. Hierdie dinge toets julle en wil julle laat ophou om God te dien. Julle weet dat dit iets is wat kan gebeur.

13. Julle kry swaar soos Christus swaargekry het, en julle moet bly wees. Dan sal julle nog baie meer bly kan wees op die dag wanneer almal sal sien dat Christus die Koning is.

14. Wanneer ander mense vir julle beledig omdat julle aan Christus behoort, dan is julle gelukkige mense, want dan sal die Gees van Christus wat die Koning is, die Gees van God, by julle bly.

15. Want niemand van julle moet swaarkry omdat hy ’n moordenaar is, of omdat hy ’n dief is, of omdat hy iemand is wat slegte dinge doen, of omdat hy nuuskierig is en praat oor ander mense nie.

16. Maar as iemand swaarkry omdat hy in Christus glo, dan moet hy nie skaam wees nie. Nee, hy moet God prys omdat hy aan Christus behoort.

17. God sal nou gou begin om mense te oordeel en Hy sal eerste begin oordeel by ons, ons wat die tempel van God is. Maar as God by óns begin om mense te oordeel, wat sal dan gebeur met die mense wat nie wou luister na die goeie boodskap wat van God kom nie? God sal hulle swaarder straf!

18. Dit is nie maklikom iemand te redwat reg lewe nie,maar dit is baie moeilikerom mense te redwat nie vir God dien nie,mense wat sondaars is.

19. Dit alles beteken: Daar is mense wat swaarkry omdat God dit besluit het, maar hulle moet aanhou om goeie dinge te doen en hulle moet hulleself vir God gee. Dit is Gód wat vir ons gemaak het, en ons kan Hom vertrou.