Ou Testament

Nuwe Testament

1 Petrus 3:9-14 Bybel vir Almal (ABA)

9. Wanneer mense slegte dinge doen aan julle, dan moet julle nie ook slegte dinge doen aan hulle nie. Wanneer mense slegte dinge sê van julle, dan moet julle nie ook slegte dinge sê van hulle nie. Nee, julle moet hulle seën, want die Here het julle gekies om ander mense te seën. As julle dit doen, dan sal Hy julle seën.

10. Iemand wat lief is vir die leween wat graag goeie dingewil hê,moenie sleg praatvan mense nieen hy moenie lieg nie.

11. Hy moenie verkeerde dingedoen nie,hy moet goeie dinge doen,hy moet altyd probeerom vrede te maak.

12. Want die Here kykna die mense wat reg leween Hy sorg vir hulle.Hy luister wanneer hulle roepen vra dat Hy hulle moet help.Maar die Here hou nie van mensewat verkeerde dinge doen nie.

13. Dit is seker: Niemand sal slegte dinge doen aan julle as julle baie graag goeie dinge wil doen nie.

14. Nee, julle is gelukkige mense as julle swaarkry omdat julle doen wat die Here wil hê. Maar julle moenie bang wees vir die mense wat julle laat swaarkry nie, en julle moenie bekommerd wees nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Petrus 3