Ou Testament

Nuwe Testament

1 Petrus 2:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Daarom moet julle ophou om enige iets te doen wat sleg is en julle moenie iemand bedrieg nie. Julle moet ook nie skynheilig en jaloers wees en slegte dinge sê van ander mense nie.

2. Klein babatjies wil baie graag melk drink, so moet julle ook graag vol wil word van geestelike dinge. Dit is soos regte melk wat nie vals is nie en wat julle só sal laat groei dat die Here julle sal red.

3. Julle verlang na hierdie dinge, want julle het self gevoel dat die Here goed is.

4. Julle moet na Christus toe kom, Hy is soos ’n klip wat lewe. Die mense wou nie die klip gebruik om te bou nie, maar God het daardie klip gekies en dit was die belangrikste klip in die gebou.

5. Julle is ook soos klippe wat lewe, julle moet bid dat God sy Gees sal gebruik om sy huis te bou met julle. Dan kan julle gewyde priesters wees om offers vir God te bring. Dit is Jesus Christus wat vir julle help om te offer soos die Gees wil hê, sodat God van hierdie offers sal hou.

6. Want ons lees in die Ou Testament: Kyk, Ek sit in Sion ’n klip neer,dit is ’n hoek-klipwat Ek gekies heten wat baie kosbaar is.Die mense wat in Hom glo,sal veilig wees.

7. Daarom, julle wat in Jesus Christus glo, sal ook vir Hom baie kosbaar wees. Maar daar is mense wat nie in Hom glo nie. Vir hulle is dit waar wat in die Ou Testament geskryf is: Die klip wat die bouersnie wou gebruik nie,daardie kliphet die belangrikste klipin die gebou geword.

8. Daar is ook geskryf: Hy is ’n klip waarteen hulle stamp,’n rots waaroor hulle val.Hulle val oor die rots omdat hulle nie geglo het wat God gesê het nie. Dit was God se plan dat dit met hulle moet gebeur.

9. Maar julle is God se volk, God het vir julle gekies, julle is die priesters oor wie Hy regeer, julle is ’n gewyde volk, sy eie volk wat vir almal moet vertel van die groot dinge wat God gedoen het. Hy het vir julle geroep om uit die donker na Hom toe te kom, na Hom wat in die wonderlike lig is.

10. Toe was julle nie ’n volk nie,maar nou is julle God se volk.Toe was God nie goedvir julle nie,maar nou is Hy goed vir julle.

Lees volledige hoofstuk 1 Petrus 2