Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 15:16-31 Bybel vir Almal (ABA)

16. Ja, ek sê dit weer: As die mense wat gesterf het, nie weer sal lewe nie, dan het God ook nie vir Christus weer laat lewe nie.

17. En as God nie vir Christus weer laat lewe het nie, dan beteken julle geloof niks, dan is julle nog nie vry van julle sondes nie.

18. Dan het die mense wat aan Christus behoort het en gesterf het, verlore gegaan.

19. As ons hoop dat Christus ons red net vir hierdie lewe op die aarde, dan moet al die mense baie jammer wees vir ons.

20. Maar nee, God het vir Christus weer laat lewe, dit is seker. Christus is die eerste Een van almal wat gesterf het, en God het Hom weer laat lewe.

21. ’n Mens, Adam, het gesterf, en van toe af het almal in die wêreld gesterf. Maar nou het God ’n ander Mens, Christus, weer laat lewe, en daarom sal al die gelowiges wat gesterf het, ook weer lewe.

22. Ons is almal die nageslag van Adam, daarom sterf ons almal. Maar ons behoort ook aan Christus, en daarom sal God ons ook almal weer laat lewe.

23. Elkeen kry ’n beurt. Christus is die Eerste, God het vir Christus weer laat lewe. Later, wanneer Christus weer kom, sal die mense wat aan Hom behoort, ook weer begin lewe.

24. Daarna sal die einde kom. Die einde is wanneer Christus alles waaroor Hy regeer, vir God die Vader gee, en wanneer Christus almal en alles sal oorwin wat oor die wêreld wil regeer.

25. Want Christus moet regeer. Hy sal regeer totdat God Hom laat wen het teen al sy vyande.

26. Die laaste vyand wat oorbly, is die dood. Maar Christus sal die dood ook oorwin.

27. Ja, in die Ou Testament is geskryf: God het alles vir Hom gegeesodat Hy daaroor kan regeer.Maar wanneer God sê: “Christus moet oor alles regeer,” dan moet ons dit reg verstaan. Dit beteken nie dat Christus ook oor God regeer nie, want God is die Een wat alles vir Christus gegee het sodat Christus daaroor kan regeer.

28. Wanneer God alles vir Christus gegee het sodat Christus daaroor kan regeer, dan sal Christus, die Seun, Homself ook vir God gee. Julle moet onthou, God is die Een wat alles vir Christus gegee het sodat Christus daaroor kan regeer. Daarom sal God aan die einde ook oor Christus regeer, en dan sal God oor alles en almal regeer.

29. Daar is iets anders waaroor ons ook moet dink. Party mense laat hulle doop, en dan sê hulle dat hulle dit doen vir die mense wat gesterf het en wat hulleself nie kon laat doop nie. Maar hoekom doen hulle dit as die mense wat gesterf het, nie weer sal lewe nie?

30. En ook, as die mense wat dood is, nie weer sal lewe nie, hoekom doen ons elke dag vir God dinge waaroor ander mense ons wil doodmaak?

31. My vriende, daar is elke dag mense wat my wil doodmaak. Dit is waar, en dit is ook waar dat ek trots is op julle. Ek is trots op julle omdat Christus Jesus ons Here my werk by julle geseën het.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 15