Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 30:2-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Ek is meer dier as mens,ek het nie die verstand van 'n mens nie.

3. Ek het nie wysheid geleer nie,ek ken nie die heilige God nie.

4. Wie het na die hemel toe opgegaan en weer afgekom?Wie het die wind in sy twee hande gevat?Wie het die water in 'n doek toegedraai?Wie het die grense van die aarde vasgestel?Wat is sy naam en wat is sy seun se naam, as jy dit weet?

5. Elke belofte van God is betroubaar;Hy beskerm dié wat by Hom skuil.

6. Moet niks byvoeg by wat Hy gesê het nie;Hy sal jou bestraf, en jy sal daar staan as 'n leuenaar.

7. Net twee dinge vra ek van U;moet my dit tog nie weier nie; daarna kan ek sterf:

8. moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie;moet my nie arm maak of ryk nie,gee my net die kos wat ek nodig het,

9. sodat ek nie te veel het en U verloënen sê: “Wie is die Here?” nie,en sodat ek nie arm word en steelen my God se Naam oneer aandoen nie.

10. Moenie 'n slaaf by sy eienaar beskinder nie;dalk vervloek die slaaf jou en moet jy die gevolge dra.

11. Daar is 'n soort mens wat sy vader vervloeken vir sy moeder nie 'n goeie woord het nie,

12. 'n soort mens wat homself as rein beskou,maar van wie die vuilheid nie afgewas is nie,

13. 'n soort mens wat vol hoogmoed,vol eiewaan is,

14. 'n soort mens wat koelbloedig en wreed is in sy hebsugen wat teer op die hulpeloses en armes in die land.

15. Die bloedsuier het twee dogters, hulle is “Gee!” en “Gee!”Daar is drie, nee, vier wat nooit genoeg kry nie,wat nooit sê: “Genoeg!” nie:

16. die doderyk,die onvervulde begeerte om moeder te word,grond wat nie deurnat is nieen 'n vuur wat nooit sê “Genoeg!” nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 30