Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 2:7-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. So lank as Josua geleef het, het die volk die Here gedien. Dit was ook nog so terwyl die leiers geleef het wat vir Josua oorleef het. Hulle het nog al die groot dade beleef wat die Here gedoen het om vir Israel te help.

8. Josua, seun van Nun en dienaar van die Here, het honderd en tien jaar oud geword. Hy het gesterf,

9. en hy is begrawe op sy grond in Timnat-Geres op die Efraimsberge noord van Gaäsberg.

10. Al die mense van sy leeftyd het gesterf, en die volgende geslag se mense het nie die Here geken nie. Hulle het ook nie geweet van sy groot dade wat Hy gedoen het om vir Israel te help nie.

11. Die Israeliete het toe gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here: hulle het die Baäls gedien.

12. Hulle het opgehou om die Here die God van hulle voorvaders, wat hulle uit Egipte laat trek het, te dien. Hulle het ander gode begin dien, van die gode van die nasies in die omgewing. Die Israeliete het hierdie gode aanbid en die Here getart.

Lees volledige hoofstuk Rigters 2