Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 2:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Engel van die Here het van Gilgal af na Bokim toe gegaan. Hy het gesê: “Ek het julle uit Egipte laat trek en julle gebring in die land wat Ek met 'n eed aan julle voorvaders beloof het. Ek het vir hulle gesê: ‘Ek sal my verbond met julle nooit verbreek nie,

2. maar julle mag nie 'n verdrag sluit met die inwoners van hierdie land nie. Julle moet hulle altare afbreek.’ Maar julle het My nie gehoorsaam nie. Waarom het julle dit gedoen?

3. Daarom sê Ek vir julle: Ek sal nie hierdie nasies van julle af wegdryf nie. Hulle sal vir julle 'n strik word, en hulle gode sal vir julle 'n valstrik word.”

4. Toe die Engel van die Here dit alles vir die Israeliete gesê het, het die hele volk hard gehuil.

5. Daarom het hulle die plek Bokim genoem. Hulle het daar 'n offer aan die Here gebring.

6. Nadat Josua die volk laat gaan het, het hulle die land gaan verower en daarna het elkeen na sy grond toe gegaan.

Lees volledige hoofstuk Rigters 2