hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12

Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 11 Afrikaans 1983 (AFR83)

Werp jou brood op die water

1. Werp jou brood op die water,eendag kry jy dit terug.

2. Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke,want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie.

3. As die wolke vol water is,reën hulle leeg op die aarde;of 'n boom nou suid of noord val,dit bly lê waar dit geval het.

4. Wie die wind bly dophou, saai nie,wie na die wolke bly kyk, oes nie.

5. Net so min as wat jy kan verstaan hoe gees en liggaam by mekaar uitkom in die skoot van 'n swanger vrou, net so min kan jy die werk van God verstaan. Hy doen dit alles.

6. Saai jou saad in die môre,gaan in die laatmiddag daarmee voort.Jy weet nie watter van die twee sal 'n oes lewer nieen of altwee ewe goed sal wees nie.

Dink aan jou Skepper

7. Die lig is aangenaam,dit is goed vir die oë om die son te sien.

8. As 'n mens lank lewe, moet jy oor alles dankbaar wees.Maar jy moet onthou dat die donker dae van die dood wat kom, ook baie is.Alles kom tot niks.

9. Jy wat jonk is, moet vreugde vind in jou jeugen jou jong dae ten volle geniet.Doen wat jy goedvind en waarvan jy hou,maar moenie vergeet dat Godvan jou rekenskap sal eis oor alles nie.

10. Hou kommer uit jou harten vermy wat jou liggaam kan kwaad doen.Ook die jeug en die jonkheid kom tot niks.