hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12

Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Dooie vlieë laat salf stink en gis,'n bietjie dwaasheid doen meer kwaad as wat wysheid en eer goed doen.

2. Die verstand van een wat wysheid het, gee hom krag,maar dié van 'n dwaas maak hom swak.

3. Selfs waar die dwaas met die pad langs loop,ontbreek sy verstand;hy wys vir almal dat hy 'n dwaas is.

4. As die heerser vir jou kwaad word,moenie jou pos verlaat nie;kalmte voorkom groot foute.

5. Daar is 'n verkeerde ding wat ek in hierdie wêreld gesien het,'n fout wat begaan word deur een wat gesag het:

6. die dwaas kry hoë aansienen die rykes ontvang geen eer nie.

7. Ek het slawe te perd gesienen vorste te voet op die grond soos slawe.

8. Wie 'n sloot grawe, val self daarin,wie 'n muur afbreek, word deur 'n slang gepik.

9. Wie klippe afbreek, word daardeur beseer,wie hout kap, moet versigtig wees.

10. As die byl stomp word en nie geslyp word nie,moet jy meer krag gebruik.Dit betaal om jou verstand te gebruik.

11. As die slang pik voor hy besweer is,bereik die besweerder niks nie.

12. Die woorde van iemand wat wysheid het, vind byval;die dwaas vernietig homself met wat hy sê.

13. Wat hy sê, begin met dwaasheiden eindig met louter onsin.

14. Die dwaas praat aanmekaar,maar geen mens weet wat sal gebeur nie,en niemand kan vir hom sê wat ná hom sal kom nie.

15. Die dwaas put homself uit met wat hy doen;hy weet nie eers hoe om by sy stad te kom nie.

Alles kos geld

16. Ellende wag vir die land waarvan 'n slaaf koning isen waar amptenare vroeg in die dag begin feesvier.

17. Dit gaan goed met die landwaarvan die koning vir homself kan besluiten waar amptenare op die regte tyd feesvier,met selfbeheersing en nie met 'n drinkery nie.

18. Luiheid laat die dak inval,slap hande laat die huis lek.

19. Eet bring plesier,wyn vrolik die lewe op,maar alles kos geld.

20. Moenie die koning verwens nie, nie eens in jou gedagte nie,moenie die ryke verwens nie, nie eens in jou slaapkamer nie;die voëltjies kan oorvertel wat jy gesê het,hulle kan jou woorde oordra.