Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 9:28-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. Maar toe hulle rus kry, het hulle weer teen U oortree,en U het hulle in die mag van hulle vyande gelosdat dié oor hulle kon heers.Hulle het weer na U om hulp geroep,en U het uit die hemel hulle gebed verhooren in u barmhartigheid het U hulle gered, keer op keer.

29. U het hulle gewaarsku om terug te kom na u wet,maar hulle was vermetel, ongehoorsaam aan u gebooie.Hulle het gesondig teen u bepalingswat 'n mens laat lewe as hy hulle nakom.Hulle was moedswillig, hulle koppe was hard,hulle was ongehoorsaam.

30. U was geduldig met hulle, baie jare lank,U het hulle gewaarsku deur u Gees,deur middel van u profete,maar hulle het nie geluister nie.Toe het U hulle oorgegee in die mag van heidenvolke,

31. maar in u groot barmhartigheidhet U hulle nie heeltemal uitgewis nie,hulle nie verlaat nie.U is 'n genadige, 'n barmhartige God.

32. En nou, ons God, grote God,magtig en ontsagwekkend,U wat die verbond en die troue liefde in stand hou,moet tog nie al dié ellende gering ag nie,die ellende wat ons, ons konings, ons amptenare,ons priesters, ons profete, ons voorvaders,u hele volk, getref hetvan die tyd van die Assiriese konings aftot vandag toe.

33. In alles wat oor ons gekom het, was U regverdig;U het reg gedoen, ons verkeerd.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 9