Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 9:27-38 Afrikaans 1983 (AFR83)

27. Toe het U hulle oorgegee in die mag van hulle teëstanders,dat dié hulle verdruk.Toe dit sleg met hulle gaan,het hulle na U geroep om hulp,en U het uit die hemel hulle gebed verhoor.In u groot barmhartigheid het U aan hulle redders gegee,en dié het hulle gered uit die mag van hulle teëstanders.

28. Maar toe hulle rus kry, het hulle weer teen U oortree,en U het hulle in die mag van hulle vyande gelosdat dié oor hulle kon heers.Hulle het weer na U om hulp geroep,en U het uit die hemel hulle gebed verhooren in u barmhartigheid het U hulle gered, keer op keer.

29. U het hulle gewaarsku om terug te kom na u wet,maar hulle was vermetel, ongehoorsaam aan u gebooie.Hulle het gesondig teen u bepalingswat 'n mens laat lewe as hy hulle nakom.Hulle was moedswillig, hulle koppe was hard,hulle was ongehoorsaam.

30. U was geduldig met hulle, baie jare lank,U het hulle gewaarsku deur u Gees,deur middel van u profete,maar hulle het nie geluister nie.Toe het U hulle oorgegee in die mag van heidenvolke,

31. maar in u groot barmhartigheidhet U hulle nie heeltemal uitgewis nie,hulle nie verlaat nie.U is 'n genadige, 'n barmhartige God.

32. En nou, ons God, grote God,magtig en ontsagwekkend,U wat die verbond en die troue liefde in stand hou,moet tog nie al dié ellende gering ag nie,die ellende wat ons, ons konings, ons amptenare,ons priesters, ons profete, ons voorvaders,u hele volk, getref hetvan die tyd van die Assiriese konings aftot vandag toe.

33. In alles wat oor ons gekom het, was U regverdig;U het reg gedoen, ons verkeerd.

34. Ons konings, ons amptenare,ons priesters, ons voorvadershet nie u wet gehoorsaam nie,nie gelet op u gebooie, u verordeningewaarmee U hulle gewaarsku het nie.

35. Hulle konings het nog geregeeren hulle het nog u groot goedheid genietwat U hulle gegee heten in die wye, vrugbare land gewoonwat U aan hulle gegee het;al het hulle U nie gedien nieen hulle nie bekeer van hulle slegte dade nie.

36. Hier is ons vandag slawe,ons is slawe in hierdie land,die land wat U aan ons voorvaders gegee hetdat hulle die vrug daarvan en die goeie dinge daarin kan geniet.

37. Sy ryke opbrengs behoort aan die koningswat U oor ons aangestel het as gevolg van ons sondes;die konings maak met ons en ons vee soos hulle wil.Ons verkeer in groot nood.

38. Daarom gaan ons 'n skriftelike onderneming aan. Op die verseëlde dokument teken ons leiers, ons Leviete en ons priesters hulle name.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 9