Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 7:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe die muur voltooi is, het ek die deure gehang en poortwagte, sangers en Leviete aangestel.

2. Ek het Ganani, my ampsgenoot, en Gananja, die bevelhebber van die vesting, in bevel van Jerusalem geplaas. Gananja was 'n betroubare man wat eerbied vir God gehad het, meer as baie ander.

3. Ek het hulle beveel: “Moenie die poorte van Jerusalem oopmaak voor die son warm is nie en maak die deure weer toe en grendel hulle terwyl die poortwagte nog op hulle pos is. Stel ook wagte aan uit die inwoners van Jerusalem, party op die wagposte en party voor hulle huise.”

4. Die stad was uitgestrek en groot, met min mense daarin, en daar was nog nie genoeg huise gebou nie.

5. My God het my die besluit laat neem om die vooraanstaande burgers, die amptenare en die ander mense te laat bymekaarkom vir opname in die familieregister. Ek het die register van dié wat eerste teruggekom het, in die hande gekry, en daarin die volgende opgeskryf gevind:

6. “Hier volg 'n opgawe van die mense uit die provinsie Juda wat uit die ballingskap teruggekom het na Jerusalem en Juda toe, elkeen na sy eie stad toe. Hulle is weggevoer deur koning Nebukadnesar van Babel,

Lees volledige hoofstuk Nehemia 7