Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 5:3-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Party het gesê: “Ons moes vanweë die hongersnood ons lande, ons wingerde en ons huise verpand om koring in die hande te kry.”

4. Party het gesê: “Ons moes geld leen om aan die koning die belasting op ons lande en ons wingerde te betaal.

5. Ons en ons volksgenote, hulle seuns en ons seuns, is tog één, maar óns moet van ons seuns en ons dogters laat slawe word. Van ons dogters is al klaar slawe, en ons kan daar niks aan doen nie, want ons lande en ons wingerde is in ander se hande.”

6. Ek was hewig ontsteld toe ek dié klag en dié beskuldigings hoor.

7. Na ek dit oorweeg het, het ek die skuld op die vooraanstaande burgers en die ampsdraers gelê en vir hulle gesê: “Julle is besig om julle volksgenote uit te buit!”Ek het bowendien 'n groot volksvergadering belê om hulle aan die man te bring

8. en daar vir hulle gesê: “Ons het ons Judese volksgenote wat aan heidene verkoop was, teruggekoop sover dit vir ons moontlik was. Nou verkoop júlle julle volksgenote, en moet ons hulle ook uiteindelik terugkoop!”Die manne het stilgebly; ek kon nie 'n woord uit hulle kry nie.

9. Toe sê ek verder: “Dit is nie 'n goeie ding wat julle besig is om te doen nie. Julle moet tog eerbied vir ons God hê in julle optrede en nie ons vyande, die heidene, minagting vir ons laat kry nie!

10. Ek, my medeamptenare en my helpers moes ook aan dié mense geld en koring leen. Maar laat ons tog die uitbuiting staak.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 5