Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 4:2-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. en vir sy medeamptenare en vir die soldate in Samaria gesê: “Waarmee is die arme Judeërs besig? Wil hulle vir hulle 'n stadsmuur bou? Wil hulle offerandes bring en in een dag klaarmaak? Wil hulle die klippe laat herleef uit daardie hope stof en as?”

3. Tobija die Ammoniet het langs Sanballat gestaan en hy het gesê: “Laat hulle bou! Daardie klipmuur van hulle sal omval as 'n jakkals daarteen spring!”

4. Hoor dit, ons God! Ons word bespotlik gemaak! Laat dié smaad op hulle eie kop afkom, laat hulle gevangenes word in 'n land van ballingskap!

5. Moenie hulle oortreding vergewe nie, moenie dat hulle sonde ooit voor U uitgewis word nie! Hulle het die bouers beledig!

6. Ons het bly bou aan die muur. Die hele muur was al halfpad opgebou. Die mense se hart was in die werk.

7. Sanballat, Tobija, die Arabiere, die Ammoniete en die mense van Asdod was hewig ontsteld toe hulle hoor die herstel aan Jerusalem se mure vorder en die afgebreekte gedeeltes is byna klaar opgebou.

8. Hulle het saamgesweer om Jerusalem te kom aanval en verwarring te stig.

9. Ons het tot ons God gebid en dag en nag wagte teen hulle uitgesit.

10. Die Judeërs het begin kla:“Die draers se kragte gee in,die puin is te veel.Ons gaan dit nie regkryom die muur klaar te bou nie.”

11. Ons teenstanders het gedink: hulle sal niks weet of sien voor ons tussen hulle is en hulle doodmaak en die werk tot stilstand bring nie.

12. Ons is egter keer op keer gewaarsku deur Judeërs wat naby ons vyande gewoon het en van oral af na ons toe gekom het.

13. Ek het die volk, gewapen met swaarde, spiese en pyle en boë, familiegewys ingedeel en hulle stelling laat inneem agter die muur onderkant elke plek waar die muur nog nie hoog genoeg was nie.

14. Daarna, toe ek agterkom dit is nodig, het ek die vooraanstaande burgers, die ampsdraers en die res van die volk toegespreek: “Moenie vir hulle bang wees nie. Dink aan die Here, groot en ontsagwekkend, en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vrouens en julle huise.”

Lees volledige hoofstuk Nehemia 4