Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 4:23-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. en die sonde wat hy gedoen het, word onder sy aandag gebring, bring hy 'n bokram sonder liggaamsgebrek as offer.

24. Hy sit sy hand op die bok se kop en slag dit in die teenwoordigheid van die Here op die plek waar die diere vir die brandoffer geslag word. Dit is die sondeoffer.

25. Die priester vat dan met sy vinger van die bloed en smeer dit aan die horings van die brandofferaltaar. Die res van die bloed gooi hy alles teen die fondament van die altaar uit.

26. Hy verbrand dan al die vet op die altaar soos in die geval van die vet van die maaltydoffer. So doen die priester versoening vir die gesagsdraer en word sy sonde vergewe.

27. “As een van die burgers van die land sonder opset sondig en 'n misdaad teen die Here begaan deurdat hy 'n gebod van die Here oortree,

28. en die sonde wat hy gedoen het, word onder sy aandag gebring, bring hy 'n bokooi sonder liggaamsgebrek as offer vir die sonde wat hy begaan het.

29. Hy sit sy hand op die offerdier se kop en slag dit op die plek waar die diere vir die brandoffer geslag word.

30. Die priester vat dan met sy vinger van die bloed en smeer dit aan die horings van die brandofferaltaar. Die res van die bloed gooi hy alles teen die fondament van die altaar uit.

31. Al die vet word verwyder soos in die geval van die maaltydoffer, en die priester verbrand dit op die altaar. Die offer word deur die Here aanvaar. So doen die priester versoening vir die burger en word sy sonde vergewe.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 4