Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 4:20-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Verder doen hy met die bul presies wat gedoen word met die sondeoffer. So doen die priester versoening vir die volk en word hulle sonde vergewe.

21. Hy bring dan die bul buitekant die kamp en verbrand dit net soos die bul wat voorheen genoem is. Dit is die sondeoffer van die volk.

22. “As 'n gesagsdraer sondig en 'n misdaad teen die Here begaan deurdat hy sonder opset 'n gebod van die Here sy God oortree,

23. en die sonde wat hy gedoen het, word onder sy aandag gebring, bring hy 'n bokram sonder liggaamsgebrek as offer.

24. Hy sit sy hand op die bok se kop en slag dit in die teenwoordigheid van die Here op die plek waar die diere vir die brandoffer geslag word. Dit is die sondeoffer.

25. Die priester vat dan met sy vinger van die bloed en smeer dit aan die horings van die brandofferaltaar. Die res van die bloed gooi hy alles teen die fondament van die altaar uit.

26. Hy verbrand dan al die vet op die altaar soos in die geval van die vet van die maaltydoffer. So doen die priester versoening vir die gesagsdraer en word sy sonde vergewe.

27. “As een van die burgers van die land sonder opset sondig en 'n misdaad teen die Here begaan deurdat hy 'n gebod van die Here oortree,

Lees volledige hoofstuk Levitikus 4