Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 4:14-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. en dit word agterna bekend dat hulle gesondig het, moet die volk 'n bul as sondeoffer aanbied. Hulle bring die bul voor die tent van ontmoeting,

15. en dan sit die leiers van die volk daar in die teenwoordigheid van die Here hulle hande op die bul se kop en slag dit daar.

16. Die gesalfde priester neem van die bloed na die tent van ontmoeting toe,

17. steek sy vinger in die bloed en sprinkel van die bloed sewe maal in die teenwoordigheid van die Here op die voorkant van die voorhangsel.

18. Hy smeer ook van die bloed aan die horings van die altaar wat in die teenwoordigheid van die Here in die tent van ontmoeting staan. Die res van die bloed gooi hy alles uit teen die fondament van die brandofferaltaar by die ingang van die tent van ontmoeting.

19. Hy verwyder ook al die vet van die dier en verbrand dit op die altaar.

20. Verder doen hy met die bul presies wat gedoen word met die sondeoffer. So doen die priester versoening vir die volk en word hulle sonde vergewe.

21. Hy bring dan die bul buitekant die kamp en verbrand dit net soos die bul wat voorheen genoem is. Dit is die sondeoffer van die volk.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 4