Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 27:28-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. “Onthou ook verder dat iets wat as banoffer aan die Here gewy is, nie verkoop mag word nie en ook nie losgekoop mag word nie. Dit maak nie saak of dit 'n mens of 'n dier of 'n stuk erfgrond is nie, dit is heilig en behoort net aan die Here.

29. 'n Mens wat as banoffer aan die Here gewy word, mag nie losgekoop word nie. Hy moet doodgemaak word.

30. “Een tiende van al die produkte van die land behoort aan die Here, of dit nou graan of vrugte is. Dit is aan die Here gewy.

31. As iemand daarvan wil terugkoop, moet hy die loskoopwaarde daarvan plus twintig persent betaal.

32. “Een tiende van die beeste en kleinvee behoort aan die Here. Die diere moet getel word, en al om die tiende dier wat verbykom, moet vir die Here afgekeer word.

33. Daar mag nie goeies of slegtes uitgesoek word nie, en 'n dier wat afgekeer is, mag nie omgeruil word nie. As iemand so 'n dier probeer omruil, word albei diere die Here se eiendom. Daar mag nie teruggekoop word nie.”

34. Die voorafgaande is die gebooie wat die Here deur Moses by Sinaiberg vir die Israeliete gegee het.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 27