Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 17:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Sê vir Aäron, die priesters en al die Israeliete, die Here het beveel:

3. Elke Israeliet wat 'n bees of 'n skaap of 'n bok in die kamp of buite die kamp slag

4. en nie by die ingang van die tent van ontmoeting waar hy voor die heiligdom van die Here 'n deel as gawe aan die Here kan gee nie, is skuldig aan bloedvergieting. So iemand het bloed vergiet, en sal van sy volksgenote afgesny word.

5. Die bedoeling is dat die Israeliete nie meer diere in die veld moet slag nie, maar dit vir die Here moet bring. Hulle moet dit na die ingang van die tent van ontmoeting na die priester toe bring en daar slag as maaltydoffer vir die Here.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 17