Ou Testament

Nuwe Testament

Levitikus 12:2-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. “Sê vir die Israeliete: Wanneer 'n vrou 'n seun in die wêreld bring, is sy onrein, soos wanneer sy menstrueer, 'n week lank.

3. Op die agste dag moet die seuntjie besny word.

4. Daarna moet sy nog drie en dertig dae wag om seker te wees dat die bloedvloeiing opklaar. Voordat dié tydperk om is, mag sy aan niks raak wat gewyd is nie en ook nie in die heiligdom ingaan nie.

5. As sy 'n dogter in die wêreld bring, is sy onrein soos wanneer sy menstrueer, maar twee weke lank. Dan moet sy nog ses en sestig dae wag om seker te wees dat daar geen bloedvloeiing meer is nie.

6. As sy in die geval van 'n seun of dogter die bepaalde aantal dae gewag het, moet sy 'n jaaroud lam as brandoffer en 'n tortelduif of enige ander duif as sondeoffer neem na die priester toe wat diens doen by die ingang van die tent van ontmoeting.

Lees volledige hoofstuk Levitikus 12