Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 1:9-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Haar onreinheid wys aan haar klere,sy het nie gedink aan wat van haar sou word nie.Sy het diep gevalen daar is niemand wat haar bystaan nie.Sien tog my ellende raak, Here,kyk wat matig die vyand hom aan!

10. Die vyand het beslag gelêop al haar waardevolle dinge;sy moes aanskou hoe heidennasiesin haar heiligdom ingaan,hulle vir wie U belet hetom in u gemeente te kom.

11. Haar hele bevolking sug,hulle soek brood,hulle het hulle waardevolle besittings verruilvir kos om aan die lewe te bly.Kyk tog, Here, en sien tog raakhoe verag ek is.

12. Raak dit julle nie,julle almal wat met die pad verbygaan?Kyk tog self of daar 'n smart is soos die smartwat oor my gekom het,wat die Here my aangedoen hetdie dag toe sy toorn losgebreek het.

13. Hy het 'n vuur van bo af gestuur,en dit het my liggaam verteer;Hy het vir my voete 'n strik gestel,my agteroor laat steier;Hy het my verlate gemaak,ongeneeslik siek.

14. My sondes is saamgebind tot 'n juk,hulle is saamgevleg deur die hand van die Here,hulle is op my nek gesit,en dit het my krag laat ingee.Die Here het my oorgegee in die mag van menseteen wie ek geen weerstand kon bied nie.

15. Die Here het al my dapper manne as waardeloos beskou,ten koste van my het Hy 'n feestyd uitgeroepom 'n slagting onder my jongmanne aan te rig.In 'n parskuip het die Here vir Juda fyngetrap.

16. Dit is daarom dat ek so huil,dat die trane uit my oë stroom.Daar is geen trooster naby nie;my bevolking is verslaan,die vyand het die oorhand gekry.

17. Sion steek haar hande uit om hulp,maar daar is niemand wat haar bystaan nie.Die Here het vir Jakob aan alle kante vyande ontbied.Jerusalem het onder hulle soos 'n onrein vrou geword.

18. Die Here het reg gedoen:ek was ongehoorsaam aan sy woord.Luister tog, alle volke,aanskou my smart:my jong vroue en jongmanne het ballinge geword.

19. Ek het na my bondgenote geroep,maar hulle het my in die steek gelaat.My priesters en leiers het in die stad beswyktoe hulle vir hulle kos gesoek hetom aan die lewe te bly.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 1