Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 1:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ag, hoe verlate lê die stadwat vol mense was!Sy het soos 'n weduwee geword,sy wat magtig was onder die nasies.Sy wat heerskappy gevoer het oor andermoet nou dwangarbeid doen.

2. Onbedaarlik huil sy die hele nag,die trane loop oor haar wange.Niemand van haar vroeëre minnaarsis daar om haar te troos nie.Al haar bondgenote het teen haar verraad gepleeg,hulle het haar vyande geword.

3. Juda se mense is weggevoer, hulle kry swaar, hulle is slawe,hulle sit tussen vreemde nasieswaar hulle geen rusplek kry nie;hulle agtervolgers het hulle ingehaal,hulle in die noutes vasgekeer.

4. Die paaie na Sion toe treuromdat daar geen feesgangers is nie;al haar poorte is verlate,haar priesters sug,haar jong vroue is bedroef,sy het dit bitter.

5. Haar teëstanders het haar heersers geword,haar vyande lewe nou rustig.Die Here het haar laat ly oor haar baie sonde;haar kinders het ballinge geword,deur die vyand weggevoer.

6. Die prag van Sion het alles verdwyn.Haar leiers het soos takbokke gewordwat geen weiveld vind nie,hulle moes magteloos wegtrek voor hulle agtervolgers uit.

7. In hierdie dae van haar ellende en verdrukkingdink Jerusalem aan al haar kosbare dinge van die verlede.Toe haar volk in die hande van die vyand geval het,was daar niemand wat haar gehelp het nie;haar vyande het dit gesien,hulle het gelag oor wat van haar geword het.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 1