Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 18:6-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. “Julle moet 'n beskrywing maak van die sewe dele van die land en dit vir my bring dat ek die loting hier in die teenwoordigheid van die Here ons God kan maak.

7. Die Leviete kry nie 'n deel saam met julle nie, want hulle besondere voorreg is die priesterskap in diens van die Here. Gad, Ruben en die helfte van Manasse het hulle deel oos van die Jordaan gekry waar Moses, die dienaar van die Here, dit aan hulle toegeken het.”

8. Die manne het toe klaargemaak en vertrek. By hulle vertrek om 'n beskrywing van die land te maak, het Josua hulle beveel: “Gaan die land deur, maak 'n beskrywing daarvan en kom terug na my toe dat ek vir julle die loting hier in Silo in die teenwoordigheid van die Here kan doen.”

9. Die manne is weg en het die land deurgegaan en in 'n boek 'n beskrywing van die sewe dele opgeteken, stad vir stad. Daarna is hulle terug na Josua toe in die kamp by Silo.

10. Josua het toe die loting daar in Silo in die teenwoordigheid van die Here gedoen en die land tussen die Israelitiese stamme verdeel.

11. Aan die families in die stam Benjamin is deur loting 'n gebied toegeken tussen dié van Juda en Josef.

12. Aan die noordekant begin hulle grens by die Jordaan en dit loop dan op teen die hang noord van Jerigo, teen die berge uit weswaarts en dan loop dit tot teen die woestyn van Bet-Awen.

13. Daarvandaan loop die grens oor na Lus toe, teen die hang suid van Lus, dit is Bet-El, en dan af na Atrot-Addar toe op die berg suid van Bet-Goron-Onder.

14. Dan draai die grens en swaai westekant toe suid van die berg regoor Bet-Goron en loop dood by Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Jearim, 'n stad wat aan Juda behoort. Dit is die westelike grens.

15. Die suidelike grens begin teenaan Kirjat-Jearim, loop wes en kom uit by Neftoagsfontein,

16. en loop dan af na die voet van die berg regoor Ben-Hinnomdal, noord van Spooklaagte. Dan loop die grens met die Hinnomdal af na die hang suid van die Jebusietestad en af na Rogelfontein toe,

17. draai noord en loop na Semesfontein toe, aan na Gelilot toe regoor Adummimspas en af tot by die Klip van Bohan seun van Ruben.

18. Dan loop dit noord van die hang regoor die Jordaanvallei verby en af na die Jordaanvallei toe,

Lees volledige hoofstuk Josua 18