Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 15:7-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. op na Debir toe van die Akorlaagte af, en swaai noord na Gilgal toe wat regoor Adummimspas suid van die spruit lê. Dan loop die grens oor tot aan die water van Semesfontein en tot by Rogelfontein,

8. daarvandaan op met Ben-Hinnomdal na die suidelike hang van Jebusieteberg, dit is Jerusalem, en op na die top van die berg wes van Hinnomdal by die noordelike punt van Spooklaagte.

9. Van die top van die berg af draai die grens na Neftoagsfontein toe, loop aan na die stede teen Efronberg en draai na Baäla toe, dit is Kirjat-Jearim.

10. Van Baäla af swaai dit wes na Seïrberg toe, verby die noordelike hang van Jearimsberg, dit is Kesalon, loop dan af Bet-Semes toe, oor na Timna toe

11. en met die noordelike hang van Ekron langs. Dan draai die grens na Sikaron toe en loop oor Baälaberg na Jabne toe, waarna dit teen die see doodloop.

12. Die westelike grens is die kus van die Groot See.Dit is die grense rondom die gebied van die families in die stam Juda.

13. Aan Kaleb seun van Jefunne het Josua, soos die Here hom beveel het, 'n eie gebied toegeken tussen die mense van Juda, naamlik Kirjat-Arba, dit is Hebron. Arba was die voorvader van die Enakiete.

14. Kaleb het die Enakiete Sesai, Agiman en Talmai uit Hebron verdryf, al drie Enakskinders.

Lees volledige hoofstuk Josua 15