Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 8:13-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Wanneer Ek die oes by hulle kom insamel, sê die Here, is daar geen druiwe aan die wingerdstok en geen vye aan die vyeboom nie, selfs die blare is verdroog; daarom sal Ek my volk oorgee om vernietig te word.

14. Waarom bly ons sit? Roep almal bymekaar, laat ons in die vestingstede ingaan en daar gaan omkom, want die Here ons God laat ons omkom. Hy gee ons gifwater om te drink, want ons het teen Hom gesondig.

15. Ons wag dat alles moet regkom, maar dit gaan nie goed nie, ons wag op 'n tyd van verbetering, maar daar is net rede tot skrik.

16. Van Dan af hoor 'n mens die gesnuif van die vyand se perde; die gerunnik van sy perde laat die hele land bewe. Die vyand kom en verteer die land en alles daarbinne, elke stad met sy inwoners.

17. Ek stuur giftige slange onder julle inom julle te pik, sê die Here,adders wat niemand kan besweer nie.

18. My smart oorweldig my, ek is hewig ontsteld.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 8