Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 5:20-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Vertel dit aan die mense van Jakob, maak dit aan Juda bekend. Sê vir hulle:

21. Luister hierna, dwase volk wat nie verstaan nie,wat oë het maar nie sien nie, ore maar nie hoor nie.

22. Het julle nie ontsag vir My nie, vra die Here,is julle nie bang vir My nie,vir My wat die sand as grens vir die see gestel het,'n blywende grens wat dit nie kan oorsteek nie?Die see kan bruis, maar dit kan nie verder gaan nie,sy golwe kan dreun, maar hulle kom nie by die sand verby nie.

23. Maar hierdie volk is rebels en opstandig,hulle het in opstand gekom, My verlaat.

24. Hulle het nie vir hulleself gesê:“Ons moet die Here ons God dien wat ons die groot reëns gee,die vroeë en die laat reëns, elkeen op die regte tyd,wat vir ons gesorg het met oeste op die regte tyd” nie.

25. Julle oortredings het dit laat verander,julle sondes het die voorspoed van julle weerhou.

26. Daar is goddelose mense onder my volk:soos voëlvangers stel hulle strikke en wippeom mense mee te vang.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 5