Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 5:17-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Hulle sal jou oeste en jou kos verteer,jou seuns en jou dogters om die lewe bring,jou kleinvee en jou beeste slagen jou wingerdstokke en jou vyebome vernietig,jou vestingstede waarop jy jou vertroue vestig,met die swaard inneem.

18. Maar ook in daardie dae, sê die Here, sal Ek nie 'n einde aan julle maak nie.

19. As hulle vra: “Waarom het die Here ons God al hierdie dinge aan ons gedoen?” moet jy hulle antwoord: Net soos julle My, die Here, verlaat het en vreemde gode in julle eie land gedien het, so sal julle in 'n land wat nie aan julle behoort nie, vreemdes dien.

20. Vertel dit aan die mense van Jakob, maak dit aan Juda bekend. Sê vir hulle:

21. Luister hierna, dwase volk wat nie verstaan nie,wat oë het maar nie sien nie, ore maar nie hoor nie.

22. Het julle nie ontsag vir My nie, vra die Here,is julle nie bang vir My nie,vir My wat die sand as grens vir die see gestel het,'n blywende grens wat dit nie kan oorsteek nie?Die see kan bruis, maar dit kan nie verder gaan nie,sy golwe kan dreun, maar hulle kom nie by die sand verby nie.

23. Maar hierdie volk is rebels en opstandig,hulle het in opstand gekom, My verlaat.

24. Hulle het nie vir hulleself gesê:“Ons moet die Here ons God dien wat ons die groot reëns gee,die vroeë en die laat reëns, elkeen op die regte tyd,wat vir ons gesorg het met oeste op die regte tyd” nie.

25. Julle oortredings het dit laat verander,julle sondes het die voorspoed van julle weerhou.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 5