Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 49:7-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Oor Edom. So sê die Here die Almagtige:Is daar geen wysheid meer in Teman nie?Het die manne met insig nie meer raad nie?Het hulle wysheid verdwyn?

8. Draai om, vlug! Kruip diep weg, inwoners van Dedan!Ek bring 'n ramp oor Esau, die tyd vir sy straf is daar.

9. As ander jou wingerd kom afoes,sal hulle niks vir jou laat oorbly nie.As daar diewe in die nag kom,steel hulle tot hulle genoeg het.

10. Ek het Esau kaalgestroop,Ek het sy skuilplekke oopgemaak,sodat niemand daar kan wegkruip nie.Sy nageslag is uitgeroei, en ook sy broers en sy bure;daar is niemand oor nie.

11. Laat maar jou weeskinders agter, Ek sal hulle in die lewe hou; en laat jou weduwees op My vertrou.

12. Ja, so sê die Here: As selfs dié wat dit nie verdien nie, die oordeelsbeker moet drink, kan jý ongestraf bly? Jy sal nie ongestraf bly nie; drink sal jy die beker drink.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 49