Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 49:6-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Maar Ek sal tóg later die lot van die Ammoniete verander,sê die Here.

7. Oor Edom. So sê die Here die Almagtige:Is daar geen wysheid meer in Teman nie?Het die manne met insig nie meer raad nie?Het hulle wysheid verdwyn?

8. Draai om, vlug! Kruip diep weg, inwoners van Dedan!Ek bring 'n ramp oor Esau, die tyd vir sy straf is daar.

9. As ander jou wingerd kom afoes,sal hulle niks vir jou laat oorbly nie.As daar diewe in die nag kom,steel hulle tot hulle genoeg het.

10. Ek het Esau kaalgestroop,Ek het sy skuilplekke oopgemaak,sodat niemand daar kan wegkruip nie.Sy nageslag is uitgeroei, en ook sy broers en sy bure;daar is niemand oor nie.

11. Laat maar jou weeskinders agter, Ek sal hulle in die lewe hou; en laat jou weduwees op My vertrou.

12. Ja, so sê die Here: As selfs dié wat dit nie verdien nie, die oordeelsbeker moet drink, kan jý ongestraf bly? Jy sal nie ongestraf bly nie; drink sal jy die beker drink.

13. Ek lê 'n eed af by Myself, sê die Here, dat Bosra 'n verlate plek sal word, 'n spot, 'n uitgedorde stuk grond, 'n voorbeeld wat in verwensings aangehaal word, en dat al sy buitedorpe vir altyd in puin sal lê.

14. Ek het 'n boodskap ontvang, en dit kom van die Here af. Daar is 'n boodskapper onder die nasies rondgestuur om te sê:Kom bymekaar, trek teen Edom op,maak oorlog teen hom!

15. Edom, Ek maak jou 'n klein volkie onder die volke,een wat nie deur mense gereken word nie.

16. Die vrees wat ander vir jou heten jou vermetelheid het jou mislei.Jy woon teen die kranse,jy klou vas aan die hoë bergtoppe,maar al bou jy jou nesdaar in die hoogte soos 'n aasvoël,Ek sal jou daar afhaal, sê die Here.

17. Edom sal 'n verlate plek word;elkeen wat daar verbykom, sal sy asem intreken van verbasing fluit oor die slag wat vir Edom getref het.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 49