Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 49:31-39 Afrikaans 1983 (AFR83)

31. Gaan val dié nasie aan wat so sonder sorge isen so rustig woon, het die Here gesê.Sy stede het nie poorte en sluitbalke nieen hy woon eenkant alleen.

32. Hulle kamele sal buitgemaak word,hulle groot troppe vee sal geroof word.Ek sal hulle oor al die windstreke verstrooi,dié mense wat die kante van hulle koppe kaal skeer,Ek sal hulle van alle kante af deur rampe laat tref,sê die Here.

33. Gasor sal 'n blyplek vir jakkalse word,vir altyd verlate.Daar sal niemand meer woon nie,geen mens sal daar wil bly nie.

34. Die woord van die Here wat tot die profeet Jeremia gekom het oor Elam. Dit was aan die begin van die regeringstyd van koning Sedekia van Juda.

35. So sê die Here die Almagtige:Ek gaan Elam se pyl en boog breek,Ek gaan die keur van sy leërmag vernietig.

36. Ek laat die vier winde losbreek teen Elam,die winde uit die vier hoeke van die hemelruim,Ek verjaag hulle al die windrigtings in;daar sal nie 'n nasie wees nieof van Elam se vlugtelinge sal daar beland.

37. Ek laat Elam se mense paniekbevange raak voor hulle vyande,voor dié wat hulle lewe soek;Ek laat 'n ramp teen hulle losbreek,my gloeiende toorn, sê die Here,Ek stuur die swaard agter hulle aantotdat Ek hulle heeltemal uitgeroei het.

38. Ek sal my regterstoel in Elam neersiten koning en amptenare laat ombring,sê die Here.

39. Maar wanneer die tyd daar is,sal Ek die lot van Elam verander,sê die Here.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 49