Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 49:17-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Edom sal 'n verlate plek word;elkeen wat daar verbykom, sal sy asem intreken van verbasing fluit oor die slag wat vir Edom getref het.

18. Soos Sodom en Gomorra en die buurdorpe verwoes is,sê die Here, so sal niemand in Edom woon nie;geen mens sal daar wil bly nie.

19. Soos 'n leeu uit die digte Jordaanbos toeslaanop 'n weiveld aan 'n standhoudende stroom,so sal Ek vir Edom eensklaps verjaag uit sy land,en Ek sal vir dié taak aanwys wie Ek verkies.Wie is soos Ek, wie kan My tot verantwoording roep?Wie is die regeerder wat teen My kan standhou?

20. Hoor wat die Here besluit het,wat sy beslissing oor Edom is,wat Hy Hom voorgeneem hetoor die inwoners van Teman:hulle sal weggesleep word deur hulle eie jongmanne,Edom se woonplek sal deur hulle eie toedoen verwoes word.

21. Die aarde sal skud van die dreun van Edom se val,die geroep om hulp sal gehoor word tot by die Rietsee.

22. Die vyand sal soos 'n aasvoël opvliegen afsak en oor Bosra sweef,en daardie dag sal Edom se soldate so bang weessoos vrouens wat vasgekeer is.

23. Oor Damaskus.Hamat en Arpad is verslae,hulle het slegte nuus gehoor,hulle is onrustig, soos 'n onstuimige see,hulle kan nie tot rus kom nie.

24. Damaskus is magteloos,hy draai om om te vlug,hy is vreesbevange,angs en pyn soos dié van 'n vrouwat 'n kind in die wêreld bring,het hom beetgepak.

25. Hoe word so 'n beroemde stad dan nie gespaar nie,so 'n vrolike stad?

26. Sy jongmanne sal op sy strate sneuwel,al sy soldate sal omgebring wordwanneer die tyd daar is, sê die Here die Almagtige.

27. Ek steek die stad Damaskus aan die brand,die vuur sal die paleise van Ben-Hadad verteer.

28. Oor Kedar en oor die koninkryke van Gasor wat deur koning Nebukadnesar van Babel aangeval is. So sê die Here:Kom, val vir Kedar aan,verdryf dié mense wat in die ooste woon!

Lees volledige hoofstuk Jeremia 49