Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 48:12-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Maar daar kom 'n tyd, sê die Here,dat Ek mense stuur wat wyn uitgooi,en hulle sal Moab uitgooi,hulle sal sy kruike leegmaak,sy wynkanne stukkend slaan.

13. Moab sal by Kemos nie hulp kry nie,net so min as wat Israel hulp gekry hetby Bet-El op wie hy vertrou het.

14. Hoe kan julle nog sê:“Ons is soldate,ons is manne wat reg is vir oorlog?”

15. Die verwoester is al op padna Moab se stede toe,en die keur van Moab se jongmanneis op pad na hulle dood toe.Dit is wat die Koning sê,sy Naam is die Here die Almagtige:

16. Die ramp wat Moab gaan tref, is naby,sy ongeluk kom vinnig nader.

17. Julle almal rondom hom,julle almal wat hom by die naam ken,kan maar met meegevoel die koppe skuden sê: “Hoe het dié magtige ryk,dié glansryke heerskappy, tot 'n val gekom!”

18. Klim maar af van jou ereplek afen gaan sit op die dorre aarde,inwoner van Dibon,want die verwoester van Moab is al op pad na jou toe;hy gaan jou vestingstede in puin lê.

19. Gaan staan op die uitkyk langs die pad,inwoner van Aroër,ondervra elke man en vrouwat vlug, wat probeer ontkom,vra: “Wat het gebeur?”

20. Moab is verslaan, hy is angsbevange.Huil, skreeu, gaan vertel by die Arnondat Moab verwoes is!

21. Die straf het gekom na die land met die hoogvlakte toe,na Golon, na Jahas, na Mefaät toe,

22. na Dibon, na Nebo, na Bet-Diblatajim toe,

23. na Kirjatajim, na Bet-Gamul, na Bet-Meon toe,

24. na Kerijot, na Bosra, na al die stede in Moab toe,ver en naby.

25. Die heerskappy van Moab is vernietig,sy mag is gebreek, sê die Here.

26. Moab het hom groot gehou teen die Here;maak hom dronk, laat hom aanhou braak,laat hom ook 'n spot word!

27. Jy het mos vir Israel gespot, Moab;het Israel hom dan met diewe opgehoudat jy met voldoening jou kop moes knikelke keer as jy oor hom gepraat het?

28. Vlug uit die stede! Gaan woon teen die kranse,inwoners van Moab!Word soos duiwe wat nes maakbo teen die rante van 'n put.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 48