Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 41:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ismael seun van Netanja, seun van Elisama, was uit die koninklike geslag en was een van die hoofamptenare van koning Sedekia. Hy en tien man het in die sewende maand na Gedalja seun van Agikam toe gekom in Mispa, en terwyl hulle daar saam geëet het,

2. het Ismael seun van Netanja en die tien man wat by hom was, opgespring en vir Gedalja seun van Agikam, seun van Safan, doodgemaak. Gedalja was die man wat deur die koning van Babel in bevel van die land geplaas is.

3. Ismael het ook al die Judeërs wat by Gedalja in Mispa was en die Galdese soldate wat daar was, doodgemaak.

4. Die dag ná die moord op Gedalja, toe niemand nog daarvan wis nie,

5. kom daar tagtig mans uit Sigem, Silo en Samaria aan. Hulle baarde was afgeskeer, hulle klere geskeur en hulle was vol wonde wat hulle hulleself toegedien het. Hulle het graanoffers en wierook by hulle gehad wat hulle na die huis van die Here toe wou bring.

6. Ismael seun van Netanja het hulle huil-huil uit Mispa tegemoet gegaan, en toe hy by hulle kom, sê hy vir hulle: “Kom saam na Gedalja seun van Agikam toe!”

7. Maar toe hulle binne in die stad is, het Ismael seun van Netanja, hy en die manne wat by hom was, sewentig van die mans doodgemaak en in 'n put gegooi.

8. Die ander tien mans het vir Ismael gesê: “Moet ons nie doodmaak nie, ons het koring en gars en olie en heuning wat in die veld weggesteek is!”Hy het hulle toe laat staan en hulle nie saam met hulle vriende doodgemaak nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 41