Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 4:17-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Soos mense wat graanlande oppas, staan hulle rondom Jerusalem,want hy het teen My gerebelleer, sê die Here.

18. Jou eie optrede,jou eie dade het hierdie dinge oor jou gebring,dis jou eie boosheid wat dit so bitter maak,wat jou in jou hart tref.

19. O die krampe in my ingewande, o die benoudheid in my hart!My hart bons wild, ek kan dit nie tot bedaring bring nie,want ek het die geluid van die ramshoring gehoor,en die oorlogskrete!

20. Die val van die een stad na die ander word uitgeskreeu,die hele land is verwoes.Met een slag is my wonings vernietig,in een oomblik my woonplekke.

21. Hoe lank sal ek nog die vyande se vaandel sien,die geluid van die ramshoring hoor?

22. My volk tree dwaas op, hulle erken My nie,hulle is moedswillige kinders, sonder enige begrip van wat Ek doen.Hulle is net slim as dit kom by verkeerddoen,van goeddoen wil hulle niks weet nie.

23. Ek het na die land gekyk, en dit was onbewoonbaar,na die hemel, en die lig was daaruit weg;

24. ek het na die berge gekyk, en hulle het gebewe,na al die heuwels, en hulle het geskud.

25. Ek het gekyk, en daar was geen mens nie,selfs die voëls het weggevlieg.

26. Ek het gekyk, en die vrugbare grond het in woestyn verander,al die stede het in puin gelê.Dit is die Here wat dit in sy gloeiende toorn gedoen het!

27. Ja, so sê die Here:Die hele land sal verwoes wees,maar Ek sal dit nie totaal vernietig nie.

28. Daaroor moet die aarde treuren die hemel daarbo donker word,want Ek het my voorneme bekend gemaak,Ek staan by my besluit, Ek sal nie van plan verander nie.

29. Voor die geluid van ruiters en boogskutters uitslaan elke stad op die vlug;hulle hardloop die bosse in, hulle klim tussen die rotse in.Elke stad lê verlate, sonder 'n enkele inwoner.

30. Maar jy, verlatene, wat maak jy nou?Wat klee jy jou met bloedrooi klere;wat versier jy jou met goue versiersels,waarvoor smeer jy oogverf aan!Jy maak jou verniet mooi!Jou minnaars het jou verwerp, hulle soek jou lewe.

31. Ek hoor 'n geskreeu soos van iemand wat in kraam is,'n benoude kreet soos van 'n vrouwat haar eerste kind in die wêreld bring.Ek hoor vir Sion wat na haar asem hyg,wat haar hande smekend uitsteek en sê:“Ellende wag vir my! Ek is weerloos teen my moordenaars!”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 4