Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 31:1-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daardie tyd, sê die Here,sal Ek die God van al die stamme van Israel wees,en hulle sal my volk wees.

2. So sê die Here:Israel, die volk wat aan die swaard ontkom het,is begenadig in die woestyn,hy sal na sy rusplek toe kom.

3. Van ver af het die Here Hom aan Israel bekend gemaak:Ek het jou nog altyd liefgehad,daarom het Ek jou met geduld verdra.

4. Ek sal aan jou kinders gee, Israel,jy sal kinders in die wêreld bring.Jy sal weer jou tamboeryne dra,jy sal uitgaan om te dans saam met dié wat bly is.

5. Jy sal weer wingerde plant op die Samariaberge,die boere sal dit plant en die vrugte daarvan geniet.

6. Die dag het aangebreek,die dag waarop dié wat wag staan,op die Efraimsberge sal roep:“Kom ons gaan na Sion toe,na die Here ons God toe.”

7. So sê die Here:Sing van blydskap oor Jakob, die leier onder die nasies,juig oor hom!Laat hoor julle loflied, en sê:Red u volk, Here,red wat van Israel oorgebly het!

8. Ek laat kom hulle uit die land in die noorde,Ek vergader hulle van die uithoeke van die aarde af:onder hulle is blindes en kreupeles,swanger vrouens en vrouens in kraam.'n Groot gemeente sal hiernatoe terugkom.

9. In trane sal hulle kom, met smeekgebede,maar Ek sal hulle lei,Ek sal hulle by waterstrome bring,op 'n gelyk pad, niemand sal struikel nie,want Ek het Israel se Vader geword,Efraim is my eersgeborene.

10. Hoor die woord van die Here, nasies,vertel dit aan die verste eilande!Julle moet sê:Hy wat vir Israel verstrooi het, sal hom bymekaarmaak.Die Here sal hom oppas soos 'n wagter sy trop skape oppas.

11. Die Here het vir Jakob bevry,hulle gered uit die mag van een wat sterker as hulle is.

12. Hulle sal kom en op die Sionshoogte sing,hulle sal straal van blydskap oor die goeiewat deur die Here gegee word:oor koring, wyn en olie,oor die aanteel van kleinvee en grootvee.Hulle sal floreer soos 'n tuin wat goed natgelei word,hulle sal nie meer na water smag nie.

13. Dan sal die jong meisies dans van blydskapsaam met die jong mans en die ou mans.Ek sal hulle droefheid in vreugde verander,Ek sal vir hulle uitkoms gee:Ek sal hulle bly maak,hulle sal geen kommer meer hê nie.

14. Ek sal 'n oorvloed goeie kos vir die priesters gee,my volk sal oorgenoeg hê aan die goeie wat Ek gee, sê die Here.

15. So sê die Here:'n Gekerm word op Rama gehoor,'n gehuil vol hartseer:Ragel treur oor haar kinders,sy wil haar nie laat troos nie,want haar kinders is weg.

16. So sê die Here: Bly stil, moenie huil nie,moenie trane in jou oë hê nie!Vir al jou swaarkry sal jy vergoed word,sê die Here,jou kinders sal uit die vyand se land terugkom.

17. Daar is 'n toekoms vir jou nageslag, sê die Here,jou kinders sal na hulle besitting toe terugkom.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 31