Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 30:4-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Dit is die woorde wat die Here oor Israel en Juda gesê het.

5. So sê die Here:Ek hoor angskrete;daar is vrees, nie vrede nie.

6. Gaan kyk self, vra gerus:Kan 'n man 'n kind in die wêreld bring?Waarom sien Ek dan elke manmet sy hande op sy maag soos 'n vrou wat in kraam is?Waarom het elke gesig doodsbleek geword?

7. Daar wag ellende!Dit is 'n vreeslike dag, sonder gelyke.Dit is 'n tyd van swaarkry vir Jakob,maar hy sal daaruit gered word.

8. Daardie dag, sê die Here die Almagtige,sal Ek die juk van die vyand afgooi van julle nekke af en julle vry maak.Julle sal nie meer uitlanders dien nie,

9. want julle sal die Here julle Goden julle koning Dawid dien.Ek sal hom koning maak oor julle.

10. Moenie bang wees nie, my dienaar Jakob,moenie skrik nie, Israel, sê die Here.Ek red jou uit plekke wat ver weg is,jou nakomelinge uit die land waar hulle ballinge is.Jakob sal weer veilig wees en vrede hê,niemand sal hom laat bang word nie.

11. Ek is by jou, sê die Here,Ek sal jou red!Ek sal al die nasies uitwisonder wie Ek jou verstrooi het,maar Ek sal jou nie uitwis nie.Ek sal jou nie ongestraf laat nie,maar Ek sal jou regverdig straf.

12. So sê die Here:Jou wond is ongeneeslik,jou siekte dodelik.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 30