Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 30:2-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. So sê die Here die God van Israel: Skryf alles wat Ek met jou gepraat het, in 'n boek.

3. Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander en hulle sal terugbring om die land te besit wat Ek aan hulle voorvaders gegee het, sê die Here.

4. Dit is die woorde wat die Here oor Israel en Juda gesê het.

5. So sê die Here:Ek hoor angskrete;daar is vrees, nie vrede nie.

6. Gaan kyk self, vra gerus:Kan 'n man 'n kind in die wêreld bring?Waarom sien Ek dan elke manmet sy hande op sy maag soos 'n vrou wat in kraam is?Waarom het elke gesig doodsbleek geword?

7. Daar wag ellende!Dit is 'n vreeslike dag, sonder gelyke.Dit is 'n tyd van swaarkry vir Jakob,maar hy sal daaruit gered word.

8. Daardie dag, sê die Here die Almagtige,sal Ek die juk van die vyand afgooi van julle nekke af en julle vry maak.Julle sal nie meer uitlanders dien nie,

9. want julle sal die Here julle Goden julle koning Dawid dien.Ek sal hom koning maak oor julle.

10. Moenie bang wees nie, my dienaar Jakob,moenie skrik nie, Israel, sê die Here.Ek red jou uit plekke wat ver weg is,jou nakomelinge uit die land waar hulle ballinge is.Jakob sal weer veilig wees en vrede hê,niemand sal hom laat bang word nie.

11. Ek is by jou, sê die Here,Ek sal jou red!Ek sal al die nasies uitwisonder wie Ek jou verstrooi het,maar Ek sal jou nie uitwis nie.Ek sal jou nie ongestraf laat nie,maar Ek sal jou regverdig straf.

12. So sê die Here:Jou wond is ongeneeslik,jou siekte dodelik.

13. Niemand kan jou saak stel nie;daar is nie 'n raat vir jou sweer nie.

14. Almal wat jou liefgehad het, het jou vergeet,hulle gee nie vir jou om nie.Ek het jou geslaan soos 'n vyand dit sou doen:Ek het jou wreed gestraf,want jou ongeregtigheid is groot,jou sondes baie.

15. Waarom skreeu jy oor jou wond,oor jou siekte wat ongeneeslik is?Ek het jou hierdie dinge aangedoenomdat jou ongeregtigheid groot is,jou sondes baie.

16. Almal wat jou verteer, sal verteer word,al jou teëstanders sal in ballingskap weggevoer word,dié wat jou plunder, sal geplunder word,dié wat jou as buit behandel, sal self buit word.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 30