Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 23:17-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Hulle hou aan om vir dié wat My minag,te sê: “Die Here sê daar sal vrede vir julle wees.”Vir dié wat hardkoppig is, sê hulle:“Daar sal nie 'n ramp oor julle kom nie.”

18. Wie het in die raadskamer van die Here gestaan?Wie het alles gesien?Wie het gehoor wat Hy sê?Ja, wie het na sy woord geluister,wie het dit gehoor?

19. Kyk, die gramskap van die Here laat 'n stormwind waai,'n orkaan sal op die goddeloses afkom.

20. Die toorn van die Here sal nie ophouvoordat Hy sy plan uitgevoer heten gedoen het wat Hy besluit het nie.Daar kom 'n tyd dat julle dit alles goed sal verstaan.

21. Ek het nie hierdie profete gestuur nie,tog het hulle met 'n boodskap rondgehardloop;Ek het nie met hulle gepraat nie,tog het hulle as profete opgetree.

22. As hulle in my raadskamer gestaan het,sou hulle my woorde aan my volk meegedeel heten my volk van hulle verkeerde koers af laat wegdraai het,van hulle sondige dade af.

23. Ek is nie 'n God wat net naby is nie, sê die Here,Ek is 'n God wat ook ver weg is.

24. Niemand kan in 'n geheime plek wegkruipsonder dat Ek hom sien nie, sê die Here.Ek is oral in die hemel en op die aarde, sê die Here.

25. Ek het gehoor wat sê die profete wat sonder opdrag in my Naam as profete optree. Hulle sê: “Ek het 'n droom gehad, ek het 'n droom gehad!”

26. Hoe lank sal die profete wat sonder opdrag optree, die profete wat leuens uitdink om te verkondig, nog aanhou hiermee?

Lees volledige hoofstuk Jeremia 23