Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 23:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ellende wag vir julle, herders deur wie die skape uit my kudde doodgemaak en verstrooi word, sê die Here.

2. Daarom, so sê die Here die God van Israel oor die herders wat my volk moet versorg: Julle het my skape uitmekaargejaag en verstrooi, julle het hulle nie opgepas nie, en daarom gaan Ek julle straf vir al die verkeerde dade wat julle gedoen het, sê die Here.

3. Maar Ek sal self dié van my kudde wat oorgebly het, gaan bymekaarmaak in al die lande waarheen Ek hulle verstrooi het. Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld toe waar hulle vrugbaar sal wees en baie sal word.

4. Dan sal Ek herders oor hulle aanstel, en dié sal hulle versorg, en hulle sal nie meer bang of verskrik wees nie en hulle sal nie meer wegraak nie, sê die Here.

5. Daar kom 'n tyd, sê die Here,dat Ek vir Dawid 'n regverdige spruit sal laat opskiet,'n koning wat verstandig sal regeer.Hy sal die reg eerbiedigen regverdig regeer in sy land.

6. In sy tyd sal Juda gered worden sal Israel veilig woon.Sy naam sal wees:Die Here regeer regverdig oor ons.

7. Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat die mense nie meer sal sê: “So seker as die Here leef wat vir Israel uit Egipte laat trek het nie”

8. maar hulle sal sê: “So seker as die Here leef wat die nageslag van Israel met sorg teruggebring het uit die land in die noorde en uit al die lande waarheen Hy hulle verstrooi het.”Dan sal hulle weer in hulle eie land woon.

9. Teen die profete:My hart is stukkend geslaan, my hele liggaam bewe.Ek is soos 'n dronk mens,soos iemand wat deur drank oorweldig is.Ek het so geword deur die Here,deur sy heilige woorde.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 23