Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 15:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here het vir my gesê: Al het Moses en Samuel self by My gepleit, sou Ek geen gevoel vir dié volk gehad het nie. Stuur hulle weg van my teenwoordigheid af, laat hulle gaan.

2. En as hulle vir jou vra: “Waar moet ons dan heen?” moet jy vir hulle sê:So sê die Here:Wie vir pes bestem is, pes toe,wie vir die swaard bestem is, swaard toe,wie vir hongersnood bestem is, hongersnood toe,wie vir ballingskap bestem is, ballingskap toe.

3. Ek gee oor hulle opdrag aan vier soorte goed, sê die Here: die swaard om dood te maak, honde om die lyke weg te sleep, voëls en roofdiere om hulle op te vreet en te vernietig.

4. Ek maak dié volk iets waarvoor al die koninkryke van die aarde sal skrik. Ek doen dit oor wat koning Manasse van Juda, seun van Hiskia, in Jerusalem gedoen het.

5. Wie sal vir jou jammer wees, Jerusalem,wie sal medelye met jou hê?Wie sal afdraai en kom vra hoe gaan dit met jou?

6. Jy het My verwerp, sê die Here,jy het al erger geword.Daarom het Ek my hand teen jou uitgesteeken jou verwoes.Ek is moeg daarvan om jou straf te bly herroep.

7. Ek het my volk met 'n gaffel uitgewanin die stede in die land,Ek het my volk se kinders weggevat, hom vernietig,want hy het hom nie bekeer van sy bose lewe nie.

8. Ek het sy weduwees meer laat word as die sand van die see,Ek het op jongmanne se moedershelder oordag 'n aanrander laat toesak,Ek het skrik en angs hulle skielik laat oorval.

9. Selfs die vrou wat sewe kinders gehad het,het ineengestort en na asem gesnak,haar son het ondergegaan toe dit nog dag was,sy was kinderloos en reddeloos.En wat daar van die volk oor is,lewer Ek aan sy vyande uit om dood te maak,sê die Here.

10. Ellende het my getref, Ma,toe Ma my in die wêreld gebring het.Ek is 'n man wat dwarsdeur die landmense moet beskuldig en met hulle moet twis.Ek het aan niemand iets geleen nieen by niemand geleen nie,tog vervloek almal my.

11. Die Here het belowe:Ek laat jou op die volk los, maar ten goede,Ek sal vir jou by jou vyande voorspraak doenin tyd van nood en rampe.

12. Kan 'n mens yster breek,yster uit die noorde, of brons?

13. Ek laat ander jou rykdom, jou skatte vat, Israel,nie omdat Ek iets in ruil daarvoor kry niemaar omdat jy dwarsoor jou land gesondig het.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 15