Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 14:14-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Die Here het vir my gesê: Die profete gee voor dat hulle in my Naam optree, maar Ek het hulle nie gestuur of beveel nie, Ek het nie eens met hulle gepraat nie. Dit is gesigte wat nie bestaan nie, nuttelose waarsêery, dit is bedrog wat hulle versin wat hulle vir julle aanbied as woorde van profete.

15. Daarom sê Ek oor die profete wat in my Naam optree sonder dat Ek hulle gestuur het, wat beweer daar sal nie oorlog of hongersnood in hierdie land kom nie: Daardie profete sal deur oorlog en hongersnood aan hulle einde kom.

16. Die volk vir wie hulle as profete opgetree het, sal in die strate van Jerusalem weggegooi lê, slagoffers van hongersnood en oorlog. Niemand sal hulle, hulle vrouens, hulle seuns of hulle dogters begrawe nie. Ek sal die kwaad wat hulle gedoen het, op hulle eie koppe laat afkom.

17. Sê vir hulle dit:Dag en nag, sonder ophou, vloei die trane uit my oë;my volk ly aan sy wonde, hy is swaar getref.

18. Wanneer ek uitgaan na die veld toe,lê die lyke daar van dié wat met die swaard doodgemaak is;wanneer ek in die stad kom,lê daar die slagoffers van die hongersnood.Profeet en priester trek in die land rondsonder dat hulle weet wat om te sê.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 14