Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 9:16-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.”

17. God het vir Noag gesê: “Dit is dan die teken van die verbond wat Ek tot stand gebring het tussen My en al die lewende wesens op die aarde.”

18. Noag se seuns wat uit die ark gekom het, was Sem, Gam en Jafet. Gam was die pa van Kanaän.

19. Dit was Noag se drie seuns en uit hulle is die hele aarde bevolk.

20. Noag was 'n boer, die eerste wat 'n wingerd geplant het.

21. Hy het wyn gedrink en dronk geword. Toe het hy kaal in sy tent gelê.

22. Gam, die pa van Kanaän, het gesien sy pa is kaal en het dit buite vir sy twee broers gaan vertel.

23. Sem en Jafet het toe 'n kledingstuk van Noag gevat, dit oor hulle skouers gehou en agteruit geloop en hulle pa toegemaak. Hulle het anderpad gekyk, sodat hulle nie hul pa kaal sou sien nie.

24. Toe Noag uit sy roes wakker word en verneem wat Gam, sy jongste, hom aangedoen het,

25. sê hy:“Vervloek is Kanaän!'n Nikswerd slaaf sal hy wees,in diens van sy broers.”

26. Verder het hy gesê:“Prys die Here, die God van Sem!Kanaän moet Sem se slaaf wees.

27. Mag God aan Jafet 'n ruim woonplek gee,mag hy welkom wees in die tente van Sem.Kanaän moet Jafet se slaaf wees.”

28. Na die oorstroming het Noag nog drie honderd en vyftig jaar geleef.

29. Noag was dus nege honderd en vyftig jaar toe hy gesterf het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 9