Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 8:13-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Op die eerste dag van die eerste maand van die ses honderd en eerste jaar van Noag was die water op die aarde heeltemal weggedroog. Noag het die luik van die ark oopgemaak en uitgekyk. Die hele aarde was droog.

14. Op die sewe en twintigste van die tweede maand was die aarde droog,

15. en toe sê God vir Noag:

16. “Gaan uit die ark uit, jy en jou vrou en jou seuns en hulle vrouens,

17. en al die lewende wesens wat by jou is, van watter soort hulle ook al is: voëls, diere en alles wat kruip. Hulle moet saam met jou uitgaan. Hulle moet wemel op die aarde en vrugbaar wees en baie word op die aarde.”

18. Noag en sy seuns en sy vrou en sy skoondogters het uitgegaan,

19. en ook al die diere, al die voëls en alles wat kruip, het uit die ark uitgegaan, almal volgens hulle soorte.

20. Toe het Noag 'n altaar vir die Here gebou en van al die rein vee en die rein voëls gevat en brandoffers op die altaar gebring.

21. Die Here het die offer aanvaar en Hy het by Homself gesê: “Ek sal nie weer so 'n ramp oor die aarde laat kom vanweë die mens nie. Van sy jeug af bedink die mens net slegte dinge, maar Ek sal nie weer al wat lewe laat omkom soos Ek gedoen het nie.

Lees volledige hoofstuk Genesis 8