Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 8:11-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Teen die aand het die duif na hom toe teruggekom, nogal met 'n varsgeplukte olyfblaar in sy bek. Toe het Noag geweet dat die water op die aarde opdroog.

12. Hy het nog sewe dae gewag en die duif losgelaat, maar dit het nie weer na hom toe teruggekom nie.

13. Op die eerste dag van die eerste maand van die ses honderd en eerste jaar van Noag was die water op die aarde heeltemal weggedroog. Noag het die luik van die ark oopgemaak en uitgekyk. Die hele aarde was droog.

14. Op die sewe en twintigste van die tweede maand was die aarde droog,

15. en toe sê God vir Noag:

16. “Gaan uit die ark uit, jy en jou vrou en jou seuns en hulle vrouens,

17. en al die lewende wesens wat by jou is, van watter soort hulle ook al is: voëls, diere en alles wat kruip. Hulle moet saam met jou uitgaan. Hulle moet wemel op die aarde en vrugbaar wees en baie word op die aarde.”

18. Noag en sy seuns en sy vrou en sy skoondogters het uitgegaan,

19. en ook al die diere, al die voëls en alles wat kruip, het uit die ark uitgegaan, almal volgens hulle soorte.

Lees volledige hoofstuk Genesis 8