Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 8:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe het God gedink aan Noag en aan al die wilde diere en die mak diere wat by hom in die ark was, en God het 'n wind oor die aarde laat waai, en die waters het teruggetrek.

2. Die fonteine van die groot waters en die vensters van die hemel is toegemaak, en die stortreën uit die hemel het opgehou.

3. Die water het al hoe meer weggesak van die aarde af. Na honderd en vyftig dae het die water so gesak

4. dat die ark op die sewentiende van die sewende maand op die Araratberge tot rus gekom het.

5. Die water het aangehou sak en op die eerste van die tiende maand het die bergtoppe sigbaar geword.

6. Veertig dae later het Noag die venster wat hy vir die ark ingesit het, oopgemaak

7. en 'n kraai losgelaat, maar dit het heen en weer gevlieg totdat die water op die aarde opgedroog het.

8. Noag het toe 'n duif losgelaat om te probeer vasstel of die water al van die aarde af verdwyn het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 8