Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 49:23-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. Dié wat met pyl en boog skiet, val hom aan,hulle is baie en hulle is sy vyande.

24. Maar hulle boog misluk elke keer,hulle sterk arms bewe,want die magtige God van Jakob gryp in,die Rots van Israel beskerm hom.

25. Die God van jou vader sal jou help, Josef,die Almagtige sal jou seën,Hy seën jou met reën uit die hemel,met water diep onder die grond uit,met moeders wat hulle kinders voed,met baie kinders.

26. Die seëninge wat jou vader gegee het, is sterk,sterker as dié van die ou-ou berge,as die kosbaarhede van die heuwels wat altyd daar is.Daardie seëninge kom op Josef,op hom wat die leier van sy broers sal wees.

27. “Benjamin is 'n wolf wat prooi verskeur:vroeg in die môre eet hy buit,in die aand vang hy sy prooi.”

28. Dit is al twaalf die stamme van Israel. So het hulle pa met hulle gepraat toe hy hulle geseën het. Hy het hulle een vir een geseën, elkeen met 'n eie seën.

29. Jakob het vir sy kinders gesê: “Wanneer ek sterf, moet julle my gaan begrawe in die familiegraf, in die grot op die grond van die Hetiet Efron.

30. Dit is die Makpelagrot teenoor Mamre in Kanaän. Abraham het die stuk grond by die Hetiet Efron gekoop om 'n begraafplek te hê.

31. Abraham en sy vrou Sara is daar begrawe, Isak en sy vrou Rebekka is daar begrawe, en daar het ek vir Lea begrawe.

32. Abraham het die grond en die grot daarop by die Hetiete gekoop.”

33. Toe Jakob klaar gepraat het, het hy gaan lê, die asem uitgeblaas en gesterf.

Lees volledige hoofstuk Genesis 49