Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 2:12-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Die goud van daardie land is suiwer. Daar is ook balsem en oniks.

13. Die tweede rivier is die Gihon en dit loop rondom die hele Kus.

14. Die derde is die Tigris wat oos van Assirië verbyloop, en die vierde is die Eufraat.

15. Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas.

16. Die Here God het die mens beveel: “Van al die bome in die tuin mag jy eet soos jy wil,

17. maar van die boom van alle kennis mag jy nie eet nie. Die dag as jy daarvan eet, sterf jy.”

18. Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.”

19. Die Here God het toe uit grond al die wilde diere en al die voëls gevorm en na die mens toe gebring om vas te stel hoe hy elkeen sou noem; en wat die mens elke lewende wese sou noem, dit sou sy naam wees.

20. Die mens gee toe name vir al die mak diere, die voëls en die wilde diere, maar vir homself het hy nie 'n helper, 'n gelyke, gekry nie.

21. Toe het die Here God 'n diep slaap oor die mens laat kom, sodat hy vas geslaap het. Die Here God neem toe 'n ribbebeen uit die mens, vul die plek met vleis op,

Lees volledige hoofstuk Genesis 2