Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 17:2-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Ek sal my verbond met jou sluiten baie, baie mense uit jou laat voortkom.”

3. Abram het op sy knieë geval, en toe sê God vir hom:

4. “Dit is my verbond met jou:jy sal die vader wees van 'n menigte nasies;

5. jy sal nie meer Abram genoem word nie,jou naam sal Abraham wees,want Ek maak jou die vader van baie nasies.

6. Ek sal jou baie vrugbaar maak,Ek sal jou tot nasies maak,en konings sal uit jou voortkom.

7. “Ek bring 'n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit is 'n blywende verbond: Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag.

8. Ek gee aan jou en jou nageslag die land waar jy as vreemdeling woon, die hele Kanaän, as 'n blywende besitting, en Ek sal hulle God wees.”

9. Verder het God vir Abraham gesê: “Jy moet my verbond nakom, jy en jou nageslag en al hulle nageslagte.

10. Dit is my verbond wat moet geld vir jou en jou nageslag: elke lid van die manlike geslag onder julle moet besny word.

11. Julle moet besny word aan die voorhuid. Dit is die verbondsteken tussen My en julle:

12. elke seun onder julle van ag dae oud moet besny word. Dit geld vir elke lid van die manlike geslag onder julle: al julle nageslagte en ook elke slaaf wat as kind in jou besit gebore word, en die slawe wat van 'n vreemde met geld gekoop word, wat nie jou afstammeling is nie.

13. 'n Slaaf wat as kind in jou besit gebore word, en een wat vir geld gekoop word, moet beslis besny word. So sal my verbondsteken aan julle liggame wees as 'n blywende verbond.

14. Elke lid van die manlike geslag wat nie besny is nie, moet van sy volksgenote afgesny word. Hy het my verbond verbreek.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 17